Die Biervereniging van Suid-Afrika besorg dat brouers van boetiekbier die risiko loop om permanent te sluit

Die Biervereniging van Suid-Afrika is besorg dat meer as 85% van brouers van boetiekbier die risiko loop om permanent te sluit weens die impak van die derde verbod op drankverkope.

Volgens ‘n opname van die vereniging van Boetiekbierbrouers is ‘n groot getal drankhandelaars in finansiële moeilikheid weens die verbod op drankverkope.

Die bestuurshoof van BASA, Patricia Pillay, het ook daarop gewys dat bier ‘n vervaldatum het wat voorraad raak.

Sy sê die voorraad wat vir Nuwejaar bedoel was, se rakleeftyd is binnekort verby en dan sal die bier vernietig moet word.

Luister na potgooie hieronder