Die Bloemfontein Hooggeregshof het Dinsdag verdere getuienis aangehoor in die saak teen Stanley Bakili en ses ander in verband met die moord op Louis Siemens

 Die Bloemfontein Hooggeregshof het Dinsdag verdere getuienis aangehoor in die saak teen Stanley Bakili en ses ander in verband met die moord op Louis Siemens

Die Bloemfontein Hooggeregshof het Dinsdag verdere getuienis aangehoor in die saak teen Stanley Bakili en ses ander in verband met die moord op Louis Siemens.
Siemens is in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein doodgeskiet op 18 Mei 2018.
Xolisi Mbebetho wat sklud erken het vir die moord en tans 22 jaar tronkstraf uitdien getuig nou teen die baasbrein, Bakili, en ses ander.
In sy getuienis Dinsdag het Mbebetho getuig dat Bakili op die skoolterrein van Grey College in die stad, vir hom R80 000 aangebied om Lindiwe Radebe wat by haar kind se sport was te vermoor.
Netwerk24 berig dat Mbebetho verder getuig het dat Bakili op die skoolterrein ‘n sak uit die kar gehaal waar hy ‘n pistool aan Mbebetho gewys het. Mbebetho het ook die pistool hanteer.

LeandreAdmin@