Die Bloemfonteinse polisie vra getuie om na vore te kom

Die polisie in Bloemfontein het ‘n beroep op Denaldro Slinger, ‘n getuie in die moordverhoor van Ellister Brummage, gedoen om na vore te kom.

Dit kom nadat Slinger van woonadres en kontakbesonderhede verander het, en die polisie hom nie in die hande kry nie.

Netwerk24 berig die moordverhoor van Brummage, wat aangekla word van die moord op Theo van Wyk, ‘n senior mediese tegnikus by Ampath in Bloemfontein, sal na verwagting later die maand in die Bloemfontein Hooggeregshof aangehoor word.

Van Wyk is in die vroeë oggendure in September 2015 ingewag en met ‘n stuk yster doodgeslaan.

Luister na potgooie hieronder