Die regsverdediging vir die sogenaamde Bloulig-8, sê een van die slagoffers, wie ook die bestuurder van die voertuig was, het glo nie ‘n bestuurslisensie nie. Die slagoffer sê niemand het hom op die dag van die voorval gevra om sy lisensiekaart te sien nie. Hy het sy lisensie skynbaar intussen verloor, en het nog nie vir die vervanging aansoek gedoen nie, aangesien hy glo steeds te getraumatiseerd is om self te bestuur.

Die agt veiligheidbeamptes het, terwyl hulle deel van adjunkpresident Paul Mashatile se konfooi was, na bewering die drie slagoffers in Julie verlede jaar op die N1-snelweg by Johannesburg aangerand. Die beskuldigdes is vroeër elk op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die saak duur vandag in die landdroshof in Randburg voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×