Rolspelers in die boekbedryf het ‘n petisie begin om te verhoed dat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Outeursreg voor die Nasionale Vergadering vir aanvaarding ingedien word.
Maroela Media berig Bernard Odendaal van PEN Afrikaans, het gesê verskeie verenigings in die boekebedryf is dit eens dat skrywers meer verdien as die verreikende verswakking van outeursregbeskerming wat in die nuwe wetsontwerp vervat is. Die nuwe wetsontwerp maak onder meer voorsiening dat inhoud uit rolprente en boeke binne redelike perke gereproduseer kan word sonder die betaling van tantieme.