Terwyl Bongi Mbonambi, se kans in die weegskaal hang om vir ‘n tweede keer in ‘n Wêreldbeker-einstryd op die veld te draf, trek sy afrigters en spanmaats laer om die Bok-haker.

Internasionale media peper al wat ‘n Bok-kamper is, met vrae oor die beweerde rasse-voorval.

In ‘n neutedop, word daar keer op keer na Bongi as ‘n ongelooflike mens verwys.

Die Springbok-skrumafrigter, Daan Human, het gesê Mbonambi is ‘n goeie mens en wonderlike gesinsman.

Oor die voorval sélf, het Human bloot gesê hy kan nie op die bewering reageer nie, aangesien hy wat Human is, nie self op die veld was nie.

Luidens ESPN is die beweerde rassistiese aanmerking glo nié hoorbaar op enige van die klankopnames nie. Wêreldrugby ondersoek nou die
aangeleentheid wat blykbaar in die 28ste minuut van Saterdag se Wêreldbeker-halfeindstryd plaasgevind het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×