Die Bokke, en die beker, is veilig terug op eie bodem.

Rugby se wêreldkampioene het net na elf vanoggend by die OR Tambo-lughawe in Kemptonpark aangeland.

Duisende ondersteuners wag reeds van vroegoggend af op die lughawe om hulle helde op luisterryke wyse te ontvang.

Die aankomssaal, gange, balkonne en sélfs die roltrappe, is ‘n see van kleur. Ondersteuners met banniere en gesigverf het luidkeels gesing terwyl hulle erg-opgewonde op die Bokke wag.

Die bewoording op een van die banniere dring selfs aan dat die Bok-kaptein, Siya Kolisi, die land se president moet word.

Die atmosfeer in die lughawegebou is skynbaar amper so elektries soos toe die Bokke die All Blacks Saterdagaand – voor meer as 80 000 toeskouers in die Stade de France – met ‘n enkele punt geklop het.

Met hierdie sege het die Suid-Afrikaanse rugbyspan die eerste in die geskiedenis geword om die gesogte Webb Ellis-trofee ‘n vierde keer lig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×