Wanneer die eerste wêreldbeker-fluitjie vanaand om kwart oor nege Suid-Afrikaanse tyd in Frankryk geblaas word, lei dit ‘n weke lange rugbyskouspel vir die ganse mensdom se rugby-ondersteuners in.

Die Springbokke, wat in 2019 die gesogte Webb Ellis-trofeë ‘n tuiste in Suid-Afrika besorg het, kom Sondagaand om kwart voor ses teen Skotland te staan.

Frankryk en Nieu-Seeland spook vanaand sake in die eerste wedstryd van die toernooi uit.

Op eie bodem is Bok-ondersteuners oorgehaal om die Wêreldbeker-pad saam met die nasie se trots te stap.

Die braaihout wag en die biltong is gekerf. Rosestad 100.6FM se algemene bestuurder, Bernie Naudé, wie self op sy dag as stut klubrugby gespeel het, glo die Bokke het ‘n baie goeie kans om as vanjaar se wenner uit die stryd te tree.

Hy het skertsend gesê dit is ook maar goed dat daar ‘n TV-skerm – wat eintlik vir voorleggings gebruik word – in sy kantoor is. Naudé vermoed Rosestad se personeel gaan die volgende paar weke waarskynlik heelwat meer as gewoonlik, van sy oopdeur-beleid gebruik maak.

Rosestad se luisteraars sal deurgaans op hoogte van Wêreldbeker-nuus gehou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×