Die bokslegende George Foreman, wat in 1974 teen Muhammad Ali in die beroemde “Rumble in the Jungle” geveg het, is in die ouderdom van 76 jaar oorlede.

Los Angeles Times berig sy familie het sy dood op sosiale media aangekondig.

Foreman, ‘n voormalige swaargewigkampioen, het 76 van sy 81 gevegte gewen, waarvan byna 70 deur ‘n uitklophou was.

Ná sy boksloopbaan het hy ‘n predikant, sakeman en TV-persoonlikheid geword.

Hy was veral bekend vir die George Foreman-rooster, wat wêreldwyd meer as 100 miljoen eenhede verkoop het.

Hy het vyf keer getrou, ’n dosyn kinders gehad waarvan sy vyf seuns almal George genoem is.

In 1994 het hy op 45 die oudste swaargewigkampioen geword.

Volgens BBC het Foreman op 19-jarige ouderdom die swaargewiggoudmedalje by die 1968 Olimpiese Spele in Meksikostad gewen voordat hy professioneel geword en 37 agtereenvolgende gevegte gewen het.

Hy het slegs vyf gevegte in sy loopbaan verloor.

Hy het sy laaste geveg in 1997 gevoer en later op sy plaas in Texas afgetree.

Medekampioenbokser Mike Tyson deel sy meegevoel in ‘n plasing op X dat Foreman se bydrae tot boks sal nooit vergeet word nie.

error: Inhoud is beskerm !!