Die borgtogaansoek van die voormalige rugbyspeler, Zane Kilian, is uitgestel tot aanstaande Dinsdag

Die 39-jarige Zane Kilian wat betrek word by die moord op die topspeurder, luitenant-kolonel Charl Kinnear, se borgtogaansoek is in die Belville-landdroshof in Kaapstad uitgestel tot aanstaande Dinsdag.  Die staat het aangedui dat hy die borgtogaansoek gaan teenstaan. 

Hy word ook aangekla van sameswering tot moord, die onwettige onderskepping van kommunikasie en bedrog.. Kinnear was ‘n senior lid van die polisie se teenbende-eenheid. Hy is buite sy huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Killian is twee dae ná die moord vasgetrek.

Luister na potgooie hieronder