Die bouperseel in George in die Wes-Kaap waar ʼn woonstelblok begin Mei ineengestort het, is aan die eienaar teruggegee.
Die polisie en die Departement van Arbeid het hul ondersoek na die perseel afgehandel. Die woonstelblok was nog in aanbou toe dit op 6 Mei ineengestort het en 34 mense dood is.
Die Wes-Kaapse regering se ondersoek deur ʼn onafhanklike ingenieursmaatskappy duur voort. Dit is nog onbekend wat van die bouperseel gaan word.