Inwoners van Langenhovenpark en omliggende gebiede in Bloemfontein hoef nie bekommerd te wees vir die bollende rook wat Woensdag naby Safari Outdoor was nie – want die vuur is nou heeltemal geblus.

Terwyl dit nog onbekend is wat die brand veroorsaak het het die hoof van die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging, Johann “Savage” Breytenbach, aan Rosestad-nuus verduidelik dat hulle genoegsame hulpbronne het en die brand spoedig onder beheer gebring.

Hy voeg by dat die klomp rook was as gevolg van die hoeveelheid groen materiaal tussen die dooie brandbare materiaal.

Die grondeienaar is verantwoordelik om te monitor vir enige moontlike opvlamsels.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×