Die brandstofprys sal Woensdag vir ‘n tweede agtereenvolgende maand daal

Die departement van energie het bevestig dat albei vorme van brandstof Woensdag ‘n afname sal ondervind danksy die sterk rand teenoor die dollar asook die standvastige olieprys.

Die petrolprys sal daal met 27 sent wat beteken verbruikers sal aansienlik goedkoper per liter vir petrol betaal terwyl diesel sal daal met 12 sent wat
die prys per liter ook aansienlik afbring.

Die prys van parafien sal wel ‘n styging van 20 sent ervaar.

Die AA is van mening dat dit ‘n algemene teken is dat die petroleummark nou stabiliseer.

Luister na potgooie hieronder