Die Brendin Horner-moordverhoor sal tydens November in die hof draai

Die Brendin Horner-moordverhoor sal na verwagting vanaf 15 tot 26 November in die Rondgaande Hof in Bethlehem in die Vrystaat plaasvind.

Die twee verdagtes, Sekwetja Mahlamba en Sekola Matlaletsa, word aangekla van die moord op die 21-jarige Horner.

Horner het as ‘n plaasbestuurder op ‘n plaas in Paul Roux gewerk.

Mahlamba en Matlaletsa word ook van diefstal aangekla.

Hulle is in Junie op borgtog vrygelaat nadat DNS-toetse hulle nie kon verbind met Horner se moord nie.

Luister na potgooie hieronder