Enoch Godongwana, minister van finansies, sê die kwessie dat die Nuwe Ontwikkelingsbank, of NDB, eerder in die geldeenhede van sy lidlande geld moet leen, sal by die Brics-beraad bespreek word.

Fin24 berig die NDB, wat ook as die Brics-bank bekendstaan, leen die meeste van sy geld in die Amerikaanse kapitaalmark.

Toegang tot dié mark word bemoeilik deur sanksies teen Rusland, as gevolg van sy oorlog met Oekraïne.

Die Russiese president Vladimir Putin sal die beraad virtueel bywoon, aangesien die Internasionale Strafhof ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het vir beweerde oorlogsmisdaad.

Die beraad begin oor twee weke in Johannesburg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×