Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dat volgende maand se Brics-staatshoofberaad meer moet doen om te verseker dat globale veiligheid en vrede bereik word. Die minister het gister ‘n vergadering van Vriende van Brics se nasionale veiligheidsadviseurs aangebied. Die vergadering is onder meer deur Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Egipte en Kuba bygewoon. Die vergadering het nasies wat by Brics ingeskakel is bymekaar gebring om veiligheidsverwante sake te bespreek.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×