Die Bulle verloor teen die Cheetahs in die naweek se eerste Superrugby Unlocked-wedstryd.

 Die Bulle verloor teen die Cheetahs in die naweek se eerste Superrugby Unlocked-wedstryd.

Die Bulle het gisteraand se Vodacom Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein met 19-17 verloor. Die besoekers uit Pretoria het ‘n kans op ‘n gelykop-telling verspeel toe die plaasvervanger-losskakel, Chris Smit, nie Joe van Zyl se drie in die laaste minuut kon verdoel nie. Die enigste ander drie is deur Rosco Specman van die Cheetahs gedruk. Die res van die punte is deur Tian Schoeman se skopskoen bygedra terwyl Morné Steyn dieselfde vir die Bulls gedoen het. Die Griekwas en die Pumas takel mekaar vandag in Kimberley en die Stormers ontmoet die Leeus in Kaapstad.

Gerdie Karstens