Die burgemeester van Bloemfontein sê hul verhouding met China is versterk.

IOL berig Chinese beleggers is uitgenooi om in MMM te belê en deel te wees van die stad se groei.

’n Beleggingsberaad word op 19 en 20 Februarie gehou, waar die stad se potensiaal as beleggingsbestemming uitgestal sal word.

MMM bied groot geleenthede in landbou, infrastruktuur en residensiële ontwikkeling.

Die burgemeester sê die MMM is ’n gebied met baie onbenutte potensiaal en verwelkom beleggers om te help bou aan werksgeleenthede en ontwikkeling.

Hy beklemtoon dat China, as ’n langtermynvennoot van Suid-Afrika, waardevolle bydraes kan maak tot die streek se ekonomiese groei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×