Net ses maande nadat die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Gary van Niekerk, onder skoot gekom het vir ‘n reis na China wat belastingbetalers sowat R400 000 gekos het, het hy hierdie week ‘n tweede reis na die land onderneem. Dit kos die keer glo ‘n allemintige R450 000.
Van Niekerk en sy adjunk, Babalwa Lobishe, het Sondag na China vertrek en sal na verwagting eers aan die einde van die week terugkeer. Hulle is glo in China om die Maritime Silk Road Port Cooperation Forum by te woon.