Die burgerregte groep Afriforum, ‘n Pretoriase dokter en twee van sy pasiënte dien ‘n dringende hofaansoek in oor die gebruik van Ivermektien

Die burgerregte groep Afriforum, ‘n Pretoriase dokter en twee van sy pasiënte dien nou ‘n dringende hofaansoek by die hooggeregshof in Pretoria in teen die gesondheidsowerhede om die gebruik van Ivermektien toe te laat vir die behandeling van die Covid-19 Virus.  Netwerk24 berig Dr. George Coetzee van Silver Lakes voer in hofstukke aan dat die Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, SAHPRA, ingevolge artikel 21 toestemming moet gee vir die toediening van Ivermektien onder toesig van ‘n dokter, vir menslike gebruik teen die Coronavirus.  Die aansoekers hoop om volgende week reeds in die hof te wees. President Ramaphosa het erken dat daar nog groot onsekerheid bestaan oor die land se entstofprogram.

Luister na potgooie hieronder