Die burgerregte-organisasie AfriForum sal rasse-transformasie van gemeenskapsbehuisingskemas bestry.
Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, beplan rassetransformasie vir private dienslewering by gemeenskapsbehuisingskemas wat onder meer deeltitelkomplekse, huiseienaarsverenigings en aftreeoorde insluit.
Kubayi beplan rassetransformasie omdat gemeenskapsbehuisingskemas ‘n groot bydrae tot die ekonomie lewer.
AfriForum sê hulle is sterk gekant teen hierdie tipe transformasie en gaan die proses noukeurig monitor en beveg, indien nodig.