Die Burgerregteorganisasie AfriForum het gesê dat Afrikaanssprekendes se taalregte nie van hulle ontneem kan word in reaksie op die wangedrag van enkelinge nie.

Dit met verwysing na die finale verslag van die kommissie van ondersoek na rassisme by die Universiteit van Stellenbosch in die Wes-Kaap, onder die voorsitterskap van emeritus regter Sisi Khampepe.

Volgens die hoof van Kultuursake by AfriForum, Alana Bailey, is dit besonder kommerwekkend dat die gebruik van ’n taal verantwoordelik gehou kan word vir uiteenlopende gedragsprobleme en persepsies op die kampus.

Sy het gesê om moontlik Afrikaanse studente van die reg tot moedertaalonderrig te ontneem, is in teenstelling met dit wat in die Grondwet gewaarborg word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×