Die busdiens Intercape is glo afgepers om R5 miljoen te betaal om te verseker dat busse in die Oos-Kaap nie aangeval word nie. Johann Ferreira, eienaar van Intercape het in die hooggeregshof in die Oos-Kaap getuig die bedrag is van hom geëis as deel van ‘n hofsaak om die Suid-Afrikaanse polisiediens, of SAPD, te dwing om die aanvalle op Intercape busse te ondersoek en die veiligheid van passasiers te verseker. Een van die bewyse wat by die hof ingedien is, is ‘n opname van ‘n telefoongesprek met ‘n persoon wat klaarblyklik van die taxibedryf is, wat aan Ferreira sê die aanvalle sal ophou as hy R5miljoen betaal. Netwerk 24 berig die aansoek kom na ‘n onlangse hofbevel waarin die SAPD opdrag gegee is om ‘n veiligheidsplan te ontwikkel om busse te beskerm. Intercape voer aan die aanvalle, waarin busse met klippe bestook en busbestuurders geskiet word, word deur die taxibedryf aangevuur. Die taxibedryf het aangedring die busdiens moet sy roetes beperk en pryse aanpas. Regter Olav Ronaasen het uitspraak voorbehou.

error: Inhoud is beskerm !!