Die Cheetahs en die Griekwas het veranderinge aangebring in hul span voor hul laaste wedstryd in die Curriebeker

 Die Cheetahs en die Griekwas het veranderinge aangebring in hul span voor hul laaste wedstryd in die Curriebeker

Die Cheetahs en die Griekwas het veranderinge aangebring in hul span voor hul laaste wedstryd in die Curriebeker.
Albei spanne is nie in aanmerking vir die halfeindronde nie, maar wil die veldtog op ‘n hoë noot afhandel.
Griekwas se hoofafrigter, Scott Mathie, het sy agterlyn en twee voorlangs verander, terwyl Hawies Fourie, die Cheetahs-hoofafrigter, groot veranderinge in sy span gemaak het.
Fourie het drie veranderinge aan die voorspelers aangebring, waarvan twee in die voorry – Marnus van der Merwe neem die hak van die beseerde Wilmar Arnoldi oor, en Conraad van Vuuren (stut) skuif op van die plaasvervangerbank in die plek van Khutha Mchunu , wat weer as ‘n impakspeler aangewys word.
Die ander verandering voorlangs was in die lostrio, waar George Cronje, ‘n ster vir die SA Skolespan in
2019, die leemte vul deur Oupa Mohoje, wat met ‘n rugbesering uitgesluit is.

LeandreAdmin@