Die Cheetahs is uit die Pro14-reeks

Die Cheetahs is uit die Pro14-reeks nadat die hoofraad van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Dinsdagmiddag besluit het dat die Bulle, Haaie, Leeus en Stormers voortaan aan ’n uitgebreide weergawe van dié kompetisie sal deelneem.

Daarmee groet Saru ook sy Sanzaar-vennote op streeksvlak en is die Superrugby-reeks in sy huidige formaat daarmee heen.

Netwerk24 berig die Cheetahs het onderhandel vir ’n deelname aan ’n Super8-toernooi – waarskynlik teen Australiese en Nieu-Seelandse spanne, maar die uitkoms is nog onduidelik.

Dit is onbekend of die Cheetahs hulle nou tot die hof gaan wend. Hul huidige Pro14-kontrak strek tot 2023.

Dr. Gerrit Rossouw van Bloemfontein het kort na die besluit gesê hy sal ‘n bydrae lewer om die advokaat te betaal om die Cheetahs se regte te beskerm.

Luister na potgooie hieronder