Die Cheetahs loop met nege punte voor op die plaaslike Superreeks se punteleer

Die Cheetahs loop met nege punte voor op die plaaslike Superreeks se punteleer danksy die feit dat hulle albei hulle kragmetings in Bloemfontein gewen het.

Die Vrystaters word gevolg deur die Bulle met vyf punte, en die Stormers, Haaie en Pumas, wat almal vier punte elk het.

Die Cheetahs het vriend en vyand verras met hulle oorwinning van 19-17 oor die Bulle, wat die voormalige Springbok-afrigter as hul direkteur van rugby het.

Luister na potgooie hieronder