Die Cheetahs se voorspeler-afrigter verruil Bloemfontein vir London Irish

Die Cheetahs se voorspeler-afrigter verruil Bloemfontein vir London Irish.

London Irish het die aanstelling van die huidige Cheetahs voorspeler afrigter, Corniel van Zyl bevestig, wat as hulpafrigter in Declan Kidney se afrigtingspan sal dien.

Gedurende sy speeldae het Van Zyl die grootste deel van sy loopbaan in Italië deurgebring vir Treviso, waar hy meer as 150 wedsryde in ‘n tydperk van agt jaar gespeel het.

Hy het in 2015 uit professionele rugby getree.

Daarna het Van Zyl oorgegaan tot die afrigting van die Cheetahs, vir wie hy vroeër in sy loopbaan 48 keer as speler opgetree het.

Luister na potgooie hieronder