Die nasionale Departement van Gesondheid het ‘n styging in die dodetal van cholera tot 43 bevestig. Die departement sê Gauteng is verantwoordelik vir die meeste van die sterftes, met 35 mense wat bevestig is dat hulle aan cholera in die provinsie gesterf het. Daar is tans 197 bevestigde gevalle van die siekte in die land. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê ten spyte hiervan is daar ‘n afname in die totale aantal infeksies. Die departement doen ‘n beroep op die publiek om persoonlike higiëne te handhaaf en gereeld hande te was. Ook om water te kook in gebiede waar die siekte ‘n risiko is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×