Die Clicks-winkelgroep het aangekondig dat hy goedkeuring ontvang het om Covid-19 inentings by 47 van sy apteke landwyd te bied

Die nasionale departement van gesondheid het goedkeuring aan die Clicks-winkelgroep gegee om Covid-19 inentings by 47 van sy apteke landwyd aan te bied. Die winkelgroep sê hy wag vir goedkeuring vir nog 520 apteke. Dit volg terwyl die tweede fase van Suid-Afrika se inentingsprogram Maandag begin. Mense met onderliggende siektetoestande en persone ouer as 60 jaar sal tydens dié fase ingeënt word. Clicks sê sy gesondheidswerkers het reeds opleiding ontvang oor hoe om die Covid-19 entstof toe te dien.

Luister na potgooie hieronder