Die Constitution Hill Trust het Ace Magashule en Jacob Zuma gevra om die Suid-Afrikaanse grondwet te respekteer

Die Constitution Hill Trust het die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en oud-president Jacob Zuma gevra om die Suid-Afrikaanse grondwet te respekteer.

Dit volg nadat Zuma se verklaring waar hy sê hy nie Konstitusionele Hof se opdrag om van 15 tot 19 Februarie voor die staatskapingkommissie te verskyn, gaan uitvoer nie.

Intussen het Magashule ook gesê hy sien niks verkeerd met Zuma se besluit om die opdrag te verontagsaam nie.

Cheryl Carolus, die voorsitter van die trust en ook ‘n voormalige sekretaris-generaal van die ANC, sê indien hy egter nié voor die Zondo-kommissie verskyn nie, is dit nie meer net bewerings van wangedrag nie maar ‘n oortreding van die wet.

Luister na potgooie hieronder