Die Corona-virus het klaarblyklik reeds na die informele nedersettings buite Bloemfontein begin versprei

 Die Corona-virus het klaarblyklik reeds na die informele nedersettings buite Bloemfontein begin versprei

Die Corona-virus het klaarblyklik reeds na die informele nedersettings buite Bloemfontein begin versprei.

Netwerk24 berig dat drie persone by Freedom Square in Mangaung deur die regering positief getoets is.

Hulle is in die Pelonomi-hospitaal vir behandeling opgeneem.

Aggressiewe toetsing word deur die regering in die stad uitgevoer, maar volgens gerugte is daar reeds etlike besmettings.

Die Vrystastse gesondheidsdepartement wou nie daaroor kommentaar lewer voordat die minister van Gesondheid nie amptelik die land daaroor toegespreek het nie.