Die Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het in die afgelope verslagtydperk met bykans elf duisend toegeneem

Die Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het in die afgelope verslagtydperk met bykans 11 000 toegeneem.

Die toename van 10 939 nuwe gevalle bring die totaal sedert die begin van die pandemie op 912 477 te staan. Nog 254 sterftes is aangemeld.

Intussen sê die medevoorsitter van die Ministeriële Advieskomitee, professor Salim Abdool Karim  kenners probeer vasstel hoe die nuwe variant van die coronavirus in Suid-Afrika ontstaan het.

Hy sê hulle moet vasstel of die entstowwe wat aanstaande jaar beskikbaar sal wees, doeltreffend sal wees vir die nuwe variant.

Luister na potgooie hieronder