Die aanklagte van bedrog en geldwassery teen die Bloemfonteiner en eienaar van Radius Sales and Merchandising, Richard McDonald, is teruggetrek.
Die saak was eers van 10 Maart na Vrydag 25 April uitgestel.
Volgens ’n regsdokument wat aan Rosestad-nuus bekend is, het McDonald se verteenwoordiger ’n skriftelike vertoë aan die staat voorgelê.
Na oorweging van daardie vertoë het die Staat besluit om die aanklagte terug te trek.
Luidens ’n polisieverklaring is hy in Januarie 2025 in hegtenis geneem omdat hy beweerdelik aansoeke by die Werkloosheidsversekeringsfonds ingedien het en byna R1,1 miljoen ontvang het.
Nadat die strafsaak teen McDonald teruggetrek is, word die saak as afgehandel beskou.