Die Curriebeker-wedstryd Saterdag is weens Covid 19 afgelas

Die Curriebeker-wedstryd Saterdag tussen die Westelike Provinsie en die Haaie op Nuweland in Kaapstad is weens Covid 19 afgelas, wat beteken dat albei spanne twee ligapunte sal ontvang.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het bevestig dat spelers van die Haaie positief getoets het.
Die wedstryd gaan nie geskuif word nie, wat beteken dat ‘n gelykop-uitslag sal geld.
In ander wedstryde sal die Griekwas die Cheetahs Saterdag om halfvyf in Kimberley ontvang, terwyl die voorlopers, die Bulls en Pumas, Sondagmiddag vieruur in die Mbombela-stadion in Nelspruit opdraf.

Luister na potgooie hieronder