Die DA leier, John Steenhuisen, het twee miljoen werkgeleenthede belowe indien sy party tot die regering verkies sou word na 29 Mei. Dit, terwyl Statistiek Suid-Afrika die week bekendgemaak het dat die werkloosheidsyfer nou tot 32,9% in die land gestyg het.
SABC News berig Steenhuisen het met ondersteuners in Emfuleni gepraat en gesê werkloosheid lei na bendebedrywighede en dwelm misbruik. Steenhuisen het gesê die mense van Suid-Afrika is moeg, hulle wil werk en ‘n beter toekoms bou maar die ANC vernietig werksgeleenthede.