Die DA gaan regstappe doen teen ‘n sakeman van Richardsbaai wat glo die party se naam in oneer gebring het. Sheldon Cramer het glo ‘n valse stemboodskap vervaardig en versprei waarin die party se leier John Steenhuisen geteiken word. Volgens die party het Cramer ‘n vervaardigde klankgreep op sosiale media versprei waarin die DA-LP, Glynnis Breytenbach sê Steenhuisen het die Wes-Kaap as sekuriteit aangebied vir ‘n multimiljoenrand-lening van die Bezos-stigting in Amerika. Die stemboodskap beweer verder dat NASA se vliegtuie bo Kaapstad rondvlieg as bewys van die transaksie. Ten spyte daarvan dat Cramer die video uitgevee het, het die party gesê die skade is reeds aangerig aangesien dit op verskeie sosiale media-platforms soos Facebook, TikTok en Whatsapp rondgestuur is. Die video bevat ook glo ‘n waarskuwing teen Steenhuisen voor dit “te laat” is. Die DA het gesê die oortreding van die Wet op Kubermisdade moet met daadwerklike gevolge bekamp word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×