Die DA beskryf sy jongste oorwinning in die appéhof as ‘n bevestiging dat die ANC se veldtog van kaderontplooiing ongrondwetlik is. Die appélhof het die ANC se aansoek om verlof tot appél van die hand gewys teen die hooggeregshof in Gauteng se weiering van die party se appélaansoek teen die vroeëre beslissing om die rekords van sy kaderontplooiingsbeleid aan die DA te oorhandig. Die ANC het vyf dae om die rekords te oorhandig. Die DA-LP, Leon Scriber, het gesê gister se beslissing is ‘n groot stap vorentoe vir die DA se stryd teen kaderontplooiing en vir deursigtigheid.