Die DA dien ‘n klag teen advokaat Tankiso Mea in

Die DA in die Mangaung-metroraad het by die Parkwegpolisiestasie in Bloemfontein klagte teen advokaat Tankiso Mea, die voormalige stadsbestuurder ingedien.

Die klagte sluit in wangedrag en wanadministrasie.

Mea het uit sy amp bedank voordat die finale verslag van die vroeëre onafhanklike ondersoek bespreek kon word.

Volgens Dirk Kotze, DA-raadslid, is dit jammer dat Mea op 25 Junie vanjaar bedank het voordat enige tugprosesse teen hom kon begin, soos wat aanbeveel is deur die tugkomitee.

Die inwoners van Mangaung is moeg vir geldelike wangedrag en wanadministrasie wat deur die ANC veroorsaak word.

Mea het op geen navrae reageer nie.

Luister na potgooie hieronder