Die DA dien strafregtelike klagtes in teen Mbuyiseni Ndlozi van die EFF

Die DA het strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen Mbuyiseni Ndlozi van die EFF.

Dit volg nadat hy in Senekal in die Vrystaat ‘n lied gesing het wat mense tot brandstigting aanhits.

Die lied se woorde kan vertaal word met “roep die brandweer, brand hierdie boere”.

Natasha Mazzone van die DA sê hulle veroordeel Ndlozi se woorde ten sterkste.

Sy voeg by dat dit tyd is dat die Parlement, Hoofstuk 9-instellings en wetstoepassingsagentskappe hulle rug styfmaak en optree teen die barbaarsheid en geweld van die EFF.

Luister na potgooie hieronder