Die DA doen ‘n beroep president Cyril Ramaphosa vir sterker optrede in KwaZulu Natal

Volgens die DA leier, John Steenhuisen moet die president sy sterk woorde van gisteraand staaf met sterker optrede teen die oortreders in KwaZulu-Natal.

Dit volg nadat NatJOINTS, die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, bekend gemaak het dat ses mense tot dusver dood is in die gewelddadige betogings in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Volgens NatJOINTS is 219 mense sover in hegtenis geneem. Betogers in Pietermaritzburg het ‘n groot gedeelte van die Brookside Mall afgebrand, nadat hulle die winkelsentrum geplunder het.

Luidens berigte het die ANC ‘n beroep op mense gedoen om nie gewelddadig op te tree nie, en eerder hulle griewe op ‘n wettige wyse uit te lig.

Intussen het die DA ‘n verdere beroep op President Ramaphosa gedoen om te erken dat die huidige onrus en geweld die gevolg is van ANC-binnegevegte wat nou na die land se strate oorgespoel het.

Luister na potgooie hieronder