Die DA het ‘n dringende beroep gedoen op President Ramaphosa om die nasionale ramptoestand, wat op 15 Januarie verval, op te hef.  Volgens die leier van die DA, John Steenhuisen, ondermyn die ramptoestand ekonomiese, maatskaplike en demokratiese herstel.  Steenhuisen het ook gesê dat die koronavirus-bevelsraad ondemokraties is en dat daar ‘n groot risiko is dat die land se demokrasie aan ‘n klein groepie individue oorgelaat word om talle besluite te neem namens ander burgers sonder enige parlementêre oorsig of demokratiese toetse.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×