Die DA eis dat die Gautengse premier dringend op spesiale verlof geplaas word

Die DA eis dat die Gautengse premier, David Makhura, dringend op spesiale verlof geplaas word terwyl die Spesiale Ondersoekeenheid fokus op ongerymdhede ten opsigte van die aankoop van persoonlike beskermende toerusting.

Die opposisieparty sê Makhura het gefaal deurdat die korrupsie onder sy leierskap plaasgevind het.

Die voormalige finansiële bestuurder in die gesondheidsdepartement, Kabelo Lehloenya, het Makhura betrek by die toekenning van die tender vir beskermende drag wat miljoene rand beloop het.

Sy sê in ‘n beëdigde verklaring dat Makhura aan haar die name van maatskappye gegee het aan wie die tender toegeken moet word.

Die leier van die DA in Gauteng, Solly Msimanga, sê die bewerings moet dringend ondersoek word.

Msimanga sê indien dit waar is dat hy by tenderbedrywighede ingemeng het, kan hy strafregtelik vervolg word.

Luister na potgooie hieronder