Die DA is ontevrede oor die feit dat ministers se prestasiebeoordelings geheim gehou word. Die party eis dat die verslae dringend openbaar gemaak word. Die DA het gesê dit gaan dus appelleer teen die besluit van die minister in die Presidensie belas met beplanning, monitering en evaluering wat hulle versoek vir toegang tot die uitslag van die prestasiebeoordelings van die hand gewys het. Die DA het die inligting versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. ʼn Woordvoerder van die DA, Zak Mbhele, het gesê dit onderstreep die volgehoue minagting vir aanspreeklikheid en deursigtigheid deur die huidige kabinet.