Die DA eis dat agterstallige misdaadstatistieke onmiddellik bekend gemaak word na aanleiding van die jongste verslag oor slagoffers van misdaad. Die verslag meld dat meer Suid-Afrikaners deur die nag en bedags onveilig voel.
Die verslag onthul ook dat onderrapportering kan beteken dat die werklike misdaadsyfer hoër is as wat geskat is. Die DA se Lisa Shickerling sê die party doen ‘n beroep op die Ministerie van Polisie om die agterstallige verslae te verskaf om vertroue onder burgers te herstel.