Die DA sê die party sal, met die ondertekening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, vandag deur president Cyril Ramaphosa, die wet tot in die Konstitusionele Hof uitdaag. Die DA sê die party het sy regspan reeds maande gelede ingelig en sal sonder versuim ‘n regsuitdaging teen die wetgewing indien.

Die DA sê die NGV sal meer as 200-miljard rand per jaar kos om te implementeer. Die party het bygevoeg dat dit gelykstaande sou wees aan die verhoging van BTW van 14 persent tot 21-komma-vyf persent, wat persoonlike inkomstebelasting met 31 persent verhoog. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die ondertekening van die omstrede wet deur die regerende party is om die doodsvonnis van gesondheidsorg in Suid-Afrika te onderteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×