Die DA gaan die Zuma-kinders en Malema verkla

Die DA is van voorneme om strafregtelike aanklagte teen oudpresident Jacob Zuma se dogter Duduzile, sy seuns Edward en Duduzane, asook Julius Maleme, EFF-leier, aanhangig te maak vir aanhitsing van geweld.

Maroela Media berig, advokaat Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, se Duduzile het sedert haar pa se inhegtenisneming twiets gedeel wat openlik die geweld in KwaZulu-Natal aanhits.

Edward Zuma se dreigement dat wetstoepassingsowerhede eers by hom verby moet kom voor inhegtenisneming van
sy pa, was opruiend en roekeloos.

Julius Malema se dreigement om by die anargie op die straat aan te sluit indien die weermag ontplooi word, staan pogings om wet en orde te handhaaf, openlik teen.

Luister na potgooie hieronder