Die DA gaan ‘n aansoek by die hof indien om die besluit om Zuma op mediese parool te plaas, te hersien

Die DA sê hy sal ‘n aansoek by die Gautengse hooggeregshof indien om die besluit om voormalige president Jacob Zuma op mediese parool te plaas, te hersien én moontlik kwyt te stel. Die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser het vroeër onthul – dat hy sélf die mediese paroolraad se besluit dat Zuma se mediese toestand stabiel is en hy nié op mediese parool geplaas word nie, herroep het. DA-leier John Steenhuisen sê Fraser se besluit was onwettig omdat dit nie ooreenstem met die mediese paroolraad se bevindings nie.

Luister na potgooie hieronder