Die DA gaan nie sy verklaring terugtrek oor bewerings dat die Nasionale Tesourie die vertraging veroorsaak het met die verkryging van ‘n entstof nie

Die DA gaan nie om verskoning vra of sy verklaring terugtrek oor bewerings dat die Nasionale Tesourie die vertraging veroorsaak het met die verkryging van ‘n entstof of entstowwe teen Covid19.
Die Departement van Gesondheid sê die DA het Anban Pillay, verkeerd geïnterpreteer in sy onderhoud met Financial Times.
Volgens die departement het Pillay nie gesê dat die Tesourie Suid-Afrika se entstofverkryging vertraag het nie, maar net dat die Tesourie slegs die betaling doen.
Geordin Hill-Lewis, DA-parlementslid, sê die regering moet ophou om die blaam te verplaas en eerder sorg dat die entstof so spoedig moontlik beskikbaar is.

Luister na potgooie hieronder