Die DA se woordvoerder van maatskaplike ontwikkeling, Bridget Masango, het gesê die party gaan Dinsdag ‘n klag by die MRK indien oor die laat betalings deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid, of Sassa. Sassa is duidelik onbevoeg om maatskaplike toelaes betyds uit te betaal. Masango het gister aan Netwerk 24 gesê die DA gaan ook aanvra vir ‘n parlementêre debat oor Sassa se gebrekkige betalings of toelaes wat laat betaal word. Die Postbank kon onlangs nie toelaes uitbetaal nie, terwyl die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, se blaam op die Postbank oneerlik is, het Masango gesê. Masango het gesê die afgelope maand is ‘n lang lys van mislukkings van Sassa.
