Die DA gaan skriftelike parlementêre vrae voorlê om bykomende besonderhede te kry oor die kriminele rekords van die beamptes in die Nathaniel Julies-moordsaak

Die DA sê hy gaan skriftelike parlementêre vrae voorlê om bykomende besonderhede te kry oor die kriminele rekords van die drie polisiebeamptes in die Nathaniel Julies-moordsaak.

Dit volg na berigte dat een van die amptenare drie vorige strafregtelike skuldigbevindings het, vir ondermeer aanranding.

Julies is verlede maand naby sy huis in Eldoradopark doodgeskiet.

Die DA sê dis uiters kommerwekkend dat die beskuldigde in aanmerking kon kom om by die polisie aan te sluit.

Die party eis antwoorde van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Luister na potgooie hieronder